Hieruit ken ons die gees van die waarheid en die gees van die dwaling  
  1 Johannes 4:6  
         
         
Hierdie blad kan die beste besigtig word in 'Mozilla FireFox 2.x+' op 'n resolusie van 1024 x 768
 
       
Bestuur:
       
  Dr G J Meijer (Voorsitter)
  Mev J M Das (Administrasie)
  Mev J C de Wind (Sekretaris)
  Tel: (012) 332-4676
  e-pos: jokedewind@gmail.com
 
  Administrasie:
    Mev JM Das
    Adres: Waarheid en Dwaling
      Posbus 31712
      Totiusdal
      0134
    Tel: (012) 331-4733 (na 19:00)
    e-pos: jdirkdas@magalies.net
       
  Bankbesonderhede:
    Bank: ABSA
    Tak: Waverley Plaza, Pretoria
    Rek No: 9054701904 (Spaar)
 
 
  Skisofrene "Kerk"-idee van en in die GKSA (1)
       
   
1. Die begrip en woord "kerk" is problematies.
  "Ekklesia" (uitgeroeptes, d.w.s. mense) is in die Skrif en Vroeë Kerke die woord wat in die Afrikaanse Bybel (1983) met "kerk" en in 1953 beter met "gemeente" in Matt. 16:18 vertaal is. Die begrip "Kerk" kom waarskynlik uit die Middeleeue van kuriakę ("van die Here") toe die "geestelike stand" (die voorgangers), naas die adel en burgerstand, as "die heilige Kerk" in die samelewing van die "leke" onderskei is. Die Roomse het onderskei tussen "kerk" en "leke" op grond van die Griekse filosoof Plato se skeiding van natuur en genade. Die naam gemeente kom in die 16de eeu met die kerkhervorming in Nederland in omloop. Die Nederlandse woord "gemeente" is afgelei van die woord meent (gemeenskaplike dorpsplein of weiveld) en word tot vandag gebruik om die dorpsgemeenskap of stadsbestuur aan te dui. In Engeland, kom die woord congregation wat nader is aan die Bybelse ecclesia wat vergadering van gelowiges aandui, in gebruik.
  In die 16de eeu, en selfs in die Kerkorde van 1619 is die predikante ook deur of in samewerking met die dorpsraad beroep en besoldig. Die woord "gemeente" het nog 'n sterk menslike profiel gehad en is daarom in Nederland vir die woord ecclesia van die Griekse NT gebruik. Calvyn wil skynbaar die woord "kerk" vir 'n gemeenskap van gelowiges op 'n bepaalde plek binne die pousdom of sg." Kerk" d.w.s. in die sin van uitgeroeptes of "gelowiges" (mense), gebruik (Inst. 4.2.12, 4.3.8).
  Die woord "kerk" word vandag algemeen węreldwyd gebruik. Slegs gelowiges wat van "erkende" "kerke" wegbreek, kies dikwels weer 'n naam soos "gemeente van God", "gemeente van die Lewende Woord" of iets dergeliks. Erkende "Kerke" noem hulle egter dan "sektes" omdat hulle van die hoofstroom wegbreek. Na die Reformasie kan "Kerk" egter verskillende betekenisse dien bv 'n dooie gebou, dinamiese "kerkhou", 'n samelewingsverbande naas skool of maatskappy, 'n aksie met 'n agenda soos 'n politieke party, die voorganger of liggaam wat in 'n kerklike organisasie regeer soos 'n pous, predikant of sinode. In die Middeleeue het 'n stryd tussen "kerk" en "staat" ontbrand toe die keiser uit Rome na Konstantinopel gewyk het. Die abstrakte begrippe "staat" en "kerk" as strukture het egter eers na Hobbs se Leviathan (1633) die konkrete figure van regeerders soos pous en keiser (vgl. bv. Henry VIII) vervang. H.G. Klein uit die Gereformeerde Bond binne die NHK het omstreeks 1886 "plaaslike kerk" en "algemene kerk" op twee spore naas mekaar onderskei. Die konstitusie (kerkwet of orde) het vir hom die "eenheid" van gemeentes (genootskap) as "kerk" daargestel. A. Kuyper (Dictaten s.d.) onderskei 'n "kerk as organisme" (eintlik die uitgeroeptes) van die gesiglose "kerk as instituut" ('n organisasie wat mense instel). Die begrip van "eenheid van die kerk" (enkelvoud) volgens GKSA sinodes 2003 tot 2009, gaan verder as Kuyper. Kuyper het die instituut grootliks tot die "plaaslike kerk" beperk, en "meerdere vergaderings dws vergaderings van meer kerke", as ad hoc byeenkomste wat die kerke "adviseer".
  Die GKSA as so 'n abstrakte "kerk", kan bv. sy geboorte 150-jaar gelede vier - byna 2009 jaar nadat Christus sy ecclesia floteer het (Matt. 28:18, Hand. 1 en 2). "Kerk" kan ook 'n vae Christendom lokaal of węreldwyd beteken. Die woord "kerk" is dus 'n regte verkleurmannetjie, terwyl wanneer jy bees sę sal niemand aan 'n perd dink nie. Wie "kerk" sę, moet noukeurig definieer wat bedoel word. Dit doen die media en mense wat stry oor bv. "amp" of "vrou in die kerk" nie. Sodoende kan hulle bekveg asof hulle die kerk as kuriakę bepaal. Die vraag is: Lę "eenheid" in die "plaaslike kerk" en tussen meer kerke in hul ooreenstemming in geloof t.o.v. leer, liturgie en dissipline OF in 'n struktuur van kerkregering soos bepaal in die Reglement van 1816 van Koning Willem van die Nederlande waarby mense vrywillig aansluit en "lidmaat word"?
Die gemeente van God is mense nie 'n struktuur nie
  Eksegese van ecclesia (uitgeroeptes) in die Skrif, bring in die Belydenis eerstens die universele kerk, die Liggaam, Bruid, Volk of Kerk van God waarvan Christrus die Hoof, Koning en Here is na vore. Die verband wat "uitgeroeptes" die kerk maak, is geloof en liefde tussen Christus as die Hoof en die begenadigde uitgeroeptes. Dit is die enigste ware kerk wat die 12 Artikels bely en wat gereformeerdes sedert die Reformasie met die Heid. Kat. S. 21, NGB art. 27 en Belydenis van Nicea 325 ens. skynbaar bely. Maar is dit nog wat die GKSA as mense met "kerk" bedoel? Glo en beleef gereformeerdes nog die verbond van genade met God in die plaaslike gemeenskap met mekaar, of het die GKSA as organisasie, die verbond verplaas? Hoe kan "lidmate" glo, as daar nie meer duidelik oor die werk van God in die universele kerk gepreek en gepraat word nie? Onlangs nog het dit in die "feeste" oor die GKSA in die enkelvoud gegaan.
Wat openbaar die Skrif en Vroeë Kerke voor die 4de eeu met ecclesiae?
  Ecclesia word vandag in Afrikaans as "gemeente" vertaal maar nog net in die GKSA as sinoniem vir "kerk" gebruik. (Engels vertaal beter met congregation). Daarmee saam het die genootskaplike woord lidmate (lede van 'n vereniging) die begrip gelowiges of "gemeente" van broeders en susters verplaas. Selfs Gemeente het so ver ek weet nie voor die Reformasie 'n plaaslike geloofsgemeenskap aangedui nie. Voor die Reformasie is kerke, gemeentes en kerkrade of sinodes nie met konstitusies en kerkrade "gestig" nie. Mense wat tot geloof kom, het as gelowiges vergader. Roomse opsieners ("biskoppe", episkopoi) het die dorpsamelewing volgens hulle insig in Skrif en Tradisie geestelik versorg soos 'n huisvader toesig oor sy huisgesin hou (Hand. 14:22, 20:28, 1 Tim 3). Daarom het die titel "vader" vir die "opsiener" in die parogie (gemeente) in die Middeleeue by Rome ontstaan. Tot vandag handhaaf Rome dat die "opsieners" en bedienaars van die gelowiges in diens van die Here staan. Hulle beklee nie in 'n "amp" in 'n menslike organisasie soos sinodes of kerkordes aandui nie. Die Pous is die Stedehouer (goewerneur) van Christus in sy koninkryk. So staan alle kerkdienaars wat hy verorden in diens van Christus. Hulle onderhou die selibaat om nie met die "natuur" van die leke-lewe te assosieer nie. Van 'n "amp" in 'n "kerk" (as genootskap) is by Rome nie sprake nie. Dit is steeds die offisiële opvatting van die miljoene Roomse Christene. Die idee van die kerk as genootskapskerk wat deur sy "ampte" funksioneer, kom nie uit die Skrif nie, maar uit die rasionalisme en humanisme van die 18de eeu.
  Die Skrif ken egter wel gemeentesamekomste van gelowiges as ecclesia (uitgeroeptes, 1 Kor. 14:23,26,34-30). Die "gemeentes" het dus in dieselfde geloof, liefde, belydenis en lewe soos 'n familie as huisgesin van God saamgeleef. "Opsieners" het die gelowige mense bygestaan om uit te leef wat hulle glo sodat hulle Christus as hulle Here gehoorsaam en so die nuwe gemeenskap in 'n heidense węreld konkreet sigbaar maak. Wat vandag plaaslike kerk of gemeente genoem word, het in en deur die gelowiges se leer en lewe, die universele kerk wat hierbo genoem is, in mense sigbaar gemaak. Hulle het gedoen wat "vergaderings", "ampsdraers" en publikasies vandag probeer doen. Die Skrif vermeld daarom uitdruklik dat die gelowiges in Antiochië vir die eerste keer "Christene" (NB nie lidmate van 'n kerkorganisasie of gemeente nie) genoem is (Hand. 11:26). Die Belydenis van die 16de eeu omskryf hierdie geloofsgemeenskap en lewe in HK S. 38 en, NGB art. 28-29,31. Die vraag is of die sigbare kerk nog vandag die onsigbare kerk duidelik sigbaar maak.
  Openb. 1 tot 3 neem 'n simboliese volheidsgetal van sewe "gemeentes" Om te toon wat gebeur en gaan gebeur. Die sewe gemeentes verskil van suiwer openbaring van die universele kerk in Smirna, tot die Christuslose Laodicea wat feitlik niks meer van die universele kerk openbaar nie. Dié spanning beheers elke eeu tot die wederkoms. Die ware "gemeente" (uitgeroeptes) en die verwęreldlikte kerk van die mense, word met die simbole van twee vroue in Openb. 12 en 17 geteken. Die verskil word deur die eeue al duideliker in konkrete kerklike doen en late gesien. So is daar aan die een kant die wonder van die oorlewing van die ecclesia deur die werk van God. Aan die ander kant, die volslae verwęreldliking van die węreldkerk in die groot spel van die ekumene soos by die Węreldraad van Kerke.
 
 
 
U is besoeker nommer 70193 vanaf 1 Mei 2005 Suid-Afrika tyd is nou 15/10/2024 15:42:47 
Die ontwikkeling en onderhouding van die www-tuiste word versorg deur Jaco Boersema (jeboersema@gmail.com)